JENNY BOON

 is ’n Pretorianer wat in 1997 ’n graad in Skone Kuns aan die Universiteit van Pretoria behaal het. Sy het ook verskeie toekennings gedurende haar studentejare ontvang. Sy het van 1998 tot 2005 saam met haar gesin in Nederland gewoon.

Die woude in die omgewing waar hulle woonagtig was, het as inspirasie vir baie van haar werk gedien. Veral die manier hoe lig op blare reflekteer, fassineer haar. In Nederland het sy ook inspirasie gevind by ’n groep kontemporêre kunstenaars wat as die Noordelike Realiste bekend staan. Vandat sy weer in Pretoria woonagtig is, het sy Jakaranda-bome begin skilder as plaasvervanger vir die Europese woude. Geskiedenis interesseer Jenny baie en sy skilder ook graag geboue op sendingstasies in Suid-Afrika. Die Nederlandse digter, Inge Lievaart, se opsomming van God se hand wat in alles sigbaar is, inspireer haar: 

HELENA VAN DER NEST

is in Nederland gebore en het op 16-jarige ouderdom na Suid-Afrika verhuis. Sy is ’n opgeleide onderwyseres en ’n veelsydige kunstenaar wat met olieverf, akriel, waterverf, houtskool, pastelle en ink werk. Sy skilder graag terapeutiese skilderye wat ’n dieper boodskap van God se onvoorwaardelike liefde uitbeeld. Helena is deel van ’n profetiese kunsspan wat gereeld deur kunsbediening uitreik na Botswana, Swaziland, Frankryk en Italië. Sy is ook betrokke by die Global Thrones-organisasie. 

St. Iraneus se woorde,

motiveer haar om te skilder en ander op te lei in die skilderkuns. Helena bied werkswinkels, kunsklasse en profetiese skilderkursusse in verskeie mediums aan.

FRYSTRAAT 739

WAVERLEY

Tel: 082-951-6740

jeanette@rvr.me

© 2023 by Twilight Events. Proudly created with Wix.com